

SPINASIE EN MAALVLEIS HAPPIES
500 g maer beesmaalvleis
1 groot uit, gekap
1 groot soetrissie, gekap
2 middel grootte tamaties, skille verwyder en gekap
6 GROOT spinasieblare gesnipper (ek sit dit in ‘n vlak bak en sny dit met my kombuisskêr)
knoffel, sout, swartpeper, rissiepitte en braaispeserye na smaak
Slap degie:
125 ml melk
125 ml olie
160 ml bruismeel
knippie sout
10 ml pietersielie
50 ml fyn gerasperde kaas
Maak so:
Stel die oond op 180°C en smeer een muffinpan met margarien en bespuit met Spray and Cook.
Braai die ui in bietjie olie en botter gemeng uit.
Voeg die maalvleis by en braai bruin.
Voeg die groentes by.
Voeg al die speserye by en braai so paar minute tot die geure lekker gemeng het.
Voeg laaste die spinasieblare by; dit moenie pap kook nie.
Maak ‘n bietjie Bisto aan en verdik die hele spulletjie en kook vir so 6 min tot al die vog verdamp het.
Skep in muffin holtes.
Meng al die bestanddele vir die slap degie saam en skep bo-op die vleismengsel in die holtes.
Bak vir 25 min of tot goudbruin en gaar.
Bedien met baba spinasieblare, klein tamatietjies en my Bell pepers. Die roos is vir die mooi!
Resep geplaas deur Wilma Josey Venter
Foto: Wilma Josey Venter






