500 g aartappels
25 g botter
2 eetlepels olyfolie
1 fyngekapte ui
sout en peper na smaak
5 of 6 eiers
gerasperde Cheddarkaas om bo-oor te strooi
250 ml dik room
150 g klein gesnyde ontbytspek stukkies
Skil die aartappappels en sny dit in klein blokkies. Mikrogolf dit tot dit net begin gaar raak maar nog baie ferm is.
Braai intussen die uie en ontbytspek liggies in die gemengde olie en botter.
Haal die uie en ontbytspek uit die pan en voeg bietjie meer olie by.
Braai nou die halfgaar aartappels in die warm olie tot hulle verbruin en geur met sout en peper.
Meng die uiemengsel met die aartappels en skep dit in ‘n oondbak.
Breek die eiers versigtig oop op die aartappels sodat die gele heel bly. Sprinkel kaas bo-oor.
Giet die room versigtig oor sodat dit die aartappels en bedek maar die gele van die eiers oop bly.
Geur weer bietjie met sout en peper van jou keuse.
Bak in die oond by 180ºC tot die wit van die eiers gestol is maar die gele nog loperig is. Bedien dadelik.
Resep en foto: Adam Cloete
Geskuif