

BIEFSTUK EN NIERTJIE VULSEL
1 groot ui
4 knoffelhuisies
400 g niertjies – in blokkies gesny en in meel gerol
400 g biefstuk – in blokkies gesny en in meel gerol
1 groot gerasperde aartappel
1 pakkie tamatiepasta
Worchestersous
sout en swartpeper na smaak
1 teelepel suiker
Soteer die ui en knoffel in ‘n bietjie olyfolie in ‘n pan.
Braai die niertjies en biefstuk mooi bruin in olyfolie.
Plaas die vleis, uie en knoffel in ‘n stoompot en stoom vir 20 minute.
Maak die stoompot oop, voeg die aartappel en geurmiddels by. Kook tot sag,
reduseer die vloeistof tot die mengsel dik genoeg is vir ‘n vulsel.
Resep en foto: Corne Liebenberg






