

AMARETTO KOFFIE PEPPERMINT KARAMEL KAASKOEK
1 pakkie Lotus koffie koekies of enige koekie wat jou lekker lyk
200g roomkaas
150g wit sjokolade
1/2 peppermint crisp sjokolade
1/2 blik carameltreat
250g versiersuiker
1 koppie sterk koffie met n goeie skoot Amaretto liqueur
Pak n laag koekies in n broodpannetjie uit gelyn met foelie.
Maak koffie aan en voeg Amaretto by, smeer met voedsel kwas ‘n goeie laag oor die koekies.
Klits die roomkaas en versiersuiker saam tot glad, smelt die sjokolade in mikrogolf en meng gou saam voor dit weer stol.
Meng in aparte bak die caramel en rasper die peppermint crisp daar in.
Smeer ‘n laag van die roomkaasmengsel oor koekies en bak weer ‘n laag koekies en smeer met Amaretto koffie, herhaal laag roomkaas en koekies die derde laag sit die caramel in die middel van die roomkaas en pak weer koekies gesmeer met koffie en herhaal weer die laag roomkaas strooi bietjie gekrummelde koekies of flake sjokolade as laaste bo oor en sprinkel die laaste bietjie koffie oor as daar oor is. Sit in vrieskas oornag of vir 6 ure om goed te stol. Sny stukkie af en laat effens ontdooi voor jy dit voor sit maar jy moet hom sny as hy gevries is anders is hy te sag!
***Amaretto kan vervang word met Kahlua of Amaroela
RESEP EN FOTO: Nathalie Jessica Koekemoer- Groot






