AMARETTO KOFFIE PEPPERMINT KARAMEL KAASKOEK

2014-03-04-amarettokoffiepeppermintcaramelkaaskoek
AMARETTO KOFFIE PEPPERMINT KARAMEL KAASKOEK
Resep en foto: Nathalie Jessica Koekemoer- Groot
FOOD LOVERS RECIPES
1 pakkie Lotus koffie koekies of enige koekie wat lekker lyk
200 g roomkaas
150 g wit sjokolade
½ peppermint crisp sjokolade
½ blik carameltreat
250 g versiersuiker
1 koppie sterk koffie met ‘n goeie skoot Amaretto liqueur

Pak ‘n laag koekies in ‘n broodpannetjie uitgevoer is met foelie.
Maak koffie aan en voeg Amaretto by, smeer met voedsel kwas ‘n goeie laag oor die koekies.
Klits die roomkaas en versiersuiker saam tot glad, smelt die sjokolade in mikrogolf en meng gou saam voor dit weer stol.
Meng in aparte bak die caramel en rasper die peppermint crisp daar in.
Smeer ‘n laag van die roomkaasmengsel oor koekies en pak weer ‘n laag koekies en smeer met Amaretto koffie, herhaal laag roomkaas en koekies die derde laag sit die caramel in die middel van die roomkaas en pak weer koekies gesmeer met koffie en herhaal weer die laag roomkaas.
Strooi bietjie gekrummelde koekies of flake sjokolade as laaste bo-oor en sprinkel die laaste bietjie koffie oor as daar oor is.
Sit in vrieskas oornag of vir 6 ure om goed te stol.
Sny stukkie af en laat effens ontdooi voor jy dit voorsit, maar jy moet dit sny as dit gevries is anders is dit te sag!

***Amaretto kan vervang word met Kahlua of Amaroela