Witsous
Maak witsous soos altyd met canola margarien, meelmengsel, Easygest melk
As verdik roer mosterdpoeier en sout in en kook deur
Haal van hitte af en roer die cheddar in
(Ons soek ‘n dikkerige sous want daar moet nog room ook in)
**Haal heeltemal van hitte af as deurgekook het en roer Orley whip so half-houertjie op ‘n slag goed in tot die sous die regte dikte is. (Die sous moet nie te dik wees nie, onthou dit gaan nog bietjie verdik as dit bak, maar ook nie te loperig nie)
Braai knoffel, uie en sampioene in n klein bietjie canola/olyfolie. As amper sag gooi die paprika, pietersielie en rooipeper by.
Sit aanmekaar
Skep ‘n bietjie van die witsous onder in ‘n oondbak.
Pak ‘n laag aartappels.
Gooi bietjie growwe sout.
Dan ‘n laag van die sampioen mengsel.
Helfte van die witsous.
Herhaal die lae nog n keer maar op die boonste laag sprinkel die gerasperde feta oor voor die laaste witsous oorgeskep word. Vir mooi sprinkel nog paprika en pietersielie bo-oor die laaste laag.
Maak ‘n foelie deksel oor die bak en bak in n 180ºC oond vir 20 – 30min tot aartappels deurgaar en sag is. Haal foelie af en bak oop vir nog so 10 minute.
Notas
* Sommige lactose sensitiewe mense is wel gevoelig vir 100% bokmelk kaas en Easygest lactose free melk, vervang die melk met jou verkieste plaasvervanger en laat die kaas uit.
** As die room ingeroer word kry die sous soms n snaakse tekstuur agv die warm mengsel en die skielike koeler room, roer net goed deur, as dit bak is dit weer glad.
Resep en foto: Lindi Erasmus








