

SMAAKLIKE LEWERPASTEI
1 rol skilferkorsdeeg
250 g ontbytspek (bacon)
250 g lewer, min of meer
1 ui
1 eetlepel koekmeel
2 eiers
2 eetlepels sherry
½ teelepel neutmuskaat
sout en peper na smaak
6 – 8 repe ontbytspek (apart van boonste)
Gebruik enige skilferkorsdeeg. Winkeldeeg is ook OK.
Maal die 250 g spek tot baie fyn en voeg daarna die gekapte ui en lewer by en maal alles saam tot fyn.
Roer die meel, melk, 1 eier en sherry in die lewermengsel, meng goed en voeg dan die neut, sout en peper by.
Voer ‘n gesmeerde broodpan met die repe ontbytspek uit, skep die lewermengsel daarin en bedek met foelie.
Bak vir 30 min by 180ºC en laat afkoel vir ongeveer 15 minute.
Haal versigtig uit die pan sodat dit nie breek nie.
Rol die deeg uit en vou versigtig om die lewerbrood sodat dit heeltemal bedek is.
Verf die deeg met die ander geklitste eier.
Bak in die oond vir 20 minute by 200ºC en verlaag dan die hitte ‘n bietjie vir nog 10 minute.
Laat dit afkoel en sny in skywe. Bedien louwarm of koud.
Adam Cloete:
Die oorspronklike resep sê kalfslewer, maar ek sal nie my kop op ‘n blok sit dat ek dit gebruik het nie. Ek gebruik gewoonlik net wat ek in die huis het. Ek dink nie dit sal veel verskil maak of dit nou ox, kalf of lam is nie.
Foto: Adam Cloete






