Sosaties.
500g bees/hoender/vark/skaap vleis in blokkie gesny. Ek het bees gebruik.
1 groot ui in kwarte gesny en uit mekaar gehaal
1 Rooi soet rissie in groot blokkies gesny
Steek die vleis op sosatie stokkies met n stuk ui tussen elk en rissie na elke tweede stukkie vleis.
Vir sosatie sous.
1x 7g pakkie Rajah all in one kerrie poeier.
1 eetlepel wit asyn
600ml Mango en lemoen 100% sap
In n glas bak meng die kerrie poeier en asyn tot n pasta
Voeg n kwart van die sap by en meng deeglik.
Herhaal die sap proses tot die sap op is en die kerrie goed in gemeng is.
Marineer die sosatie stokkies of net die vleis vir minstens 6-12 uur in die sous.
Braai op matige kole tot gaar. Gebruik orige marinade om die vleis te verf terwyl daar gebraai word.
Resep en foto: Franco Dippenaar








