

SJOKOLADE LASAGNE POEDING (Suiker vry)
Die oorspronklike resep is baie baie soet. Ek het als net vervang met suiker vrye produkte. Daar kom in die volgende:
2 pakke choc chip koekies fyn gemaak,
2-3 pakkies instant chocolate poeding aangemaak volgens die verpakking
1-2 bottels orley whip styf geklits
en 1-2 slabs canderel dark chocolate gerasper
In die volgorde pak jy dit in lae op mekaar. Koekies, instant poeding, orley whip en dan fyn sjokolade tot alles op gebruik is, en heel laaste sjokolade heel bo.
Al die produkte kry jy by Dischem behalwe die orley whip. Dis heeeeeeerlik devine!!!! Die hoeveelhede hang af vir hoeveel mense jy maak. Die bak op die foto is gemaklik vir 10 mense.
Ek laat staan hom nou in die yskas oor nag sodat hy lekker koel is more.
BRON- Elrè van den Heever






