

HOENDER EN KALKOEN TERRIEN
Bedien saam met platbrood en tamatie/uie konfyt
1 kalkoen
4 hoenders
8 uie gekerf
1 bos seldery gekerf
Sout na smaak
8 swartpeperkorrels
2 lourier blare
gelatien
Stoom die kalkoen en hoenders tot die vleis van die bene afval. Behou die vloeistof en laat afkoel
Ontbeen die kalkoen en hoender.
Sny die uie op in skyfies en soteer saam met die gesnyde seldery tot sag en deurskynend in ‘n bietjie olyfolie en 1 eetlepel botter.
Maal die vleis en groente saam.
Toets die smaak en pas die sout en peper aan indien nodig.
Maak gelatien aan met die afgekoelde vloeistof waarin die hoender en kalkoen gekook het volgens die aanwysings op die pakkie. Ek gebruik 2 teelepels gelatien per 500 ml vleismengsel.
Meng die gelatien en die vleismengsel goed deur.
Giet in bakke of vorms en laat oornag stol.
Resep en foto: Corne Liebenberg






