
DADELROLLETJIES
1 pak Marie beskuitjies
125 g botter
1 eier
1 koppie suiker
250 g dadels
125 g botter
1 eier
1 koppie suiker
250 g dadels
Smelt botter
Klits eier en suiker tot wit en donsig.
Snipper dadels fyn.
Haal botter van hitte af en voeg eier/suiker en dadels by. Meng deur. Sit op lae hitte en roer tot kook. Kook tot dadels sag is.
Voeg fyngemaakte Marie beskuitjies by warm mengsel.
Laat bietjie afkoel en rol in balletjies. Rol balletjies in klapper. Laat afkoel en geniet.
Bron en Foto: Marieta van Bladeren (se Ma)






