WAFELS MET KAASWAFELS VARIASIE
2 eiers
½ teelepel sout
1 en ‘n 3/4 koppie melk (450 ml)
4 eetlepels gesmelte botter (60 ml)
2 eetlepels suiker
2 koppies meel
2 teelepels bakpoeier
Meng alles goed saam en bak.
Vir KAASWAFELS laat die suiker uit en voeg die volgende by:
1 koppie fyngerasperde kaas
1 eetlepel Sweet Chili sous
mespuntjie fyn knoffel
vervang die sout met 5 ml Aromat
Heerlik met ekstra gerasperde kaas en ‘n eier bo-op vir brekfis 🙂 Ook lekker met gekrummelde Fetakaas of kaassmeer op.
RESEP EN FOTO: Louise Groenewald
Done