AARTAPPELSLAAI (WAT MINDER RYK IS)
Resep en foto: Louise Groenewald
FOOD LOVERS RECIPES
6 groot aartappels, gaar en in blokkies gesny
1 handvol gekapte pietersielie
2 – 3 Bishop’s Crown rissies (jy kan Peppadews gebruik)
3 agurtjies, ringetjies gesny
Ina Paarman geurselsout
Meng saam:
½ koppie mayonnaise
½ koppie plain jogurt
¼ koppie Ina Paarman “Low fat Greek Salad Dressing”
2 teelepels suiker
Meng die aartappels met die pietersielie, rissies, agurtjies en geurselsout. Meng dan met die mayonnaise sous. Laat in yskas om heeltemal koud te word. Genoeg vir 6.
Hierdie rissies is baie “mild” en brand nie juis nie.








