Sous:
1 teelepel fyn gemmer
½ teelepel fyn knoffel
½ teelepel fyn rissies (ek gebruik John West produk)
2 eetlepels rou heuning
¾ koppie lemoensap
Verdikkingsmengsel:
3 eetlepels lemoensap
1 teelepel Tapioka meel(of Maizena)
Plaas die sousbestanddele in ‘n potjie op stoof en bring tot kookpunt. Sit plaat af, meng die lemoensap en meel/maizena en roer by, roer tot verdik. Bedien saam met die groentepakkie.








