RYSPAPIER GROENTEPAKKIES

2014-01-17-ryspapiergroentepakkiestested
RYSPAPIER GROENTEPAKKIES
Resep en foto: Annette V Rensburg Westermann
FOOD LOVERS RECIPE
Gebruik gaar roer braai groente. Groente moet fyn gekerf wees.
Vat 1 vel ryspapier en week vir ‘n sekonde of 2 in sterk lou water.
Ek gebruik ‘n ronde bak en sit ‘n druppel olie in die water. Sodra ryspapier kan buig haal dit uit en plaas dit op ‘n bord. Skep ‘n hoogvol eetlepel groente op ryspapier en vou toe soos ‘n koevertjie.  Plaas pakkie groente op ‘n gesmeerde silikon mat wat in ‘n plat oondpan le. Smeer bietjie olie op die pakkies en bak in oond 180ºC tot bruin en hard.

Sous:
1 teelepel fyn gemmer
½ teelepel fyn knoffel
½ teelepel fyn rissies  (ek gebruik John West produk)
2 eetlepels rou heuning
¾ koppie lemoensap
Verdikkingsmengsel:
3 eetlepels lemoensap
1 teelepel Tapioka meel(of Maizena)

Plaas die sousbestanddele in ‘n potjie op stoof en bring tot kookpunt. Sit plaat af, meng die lemoensap en meel/maizena en roer by, roer tot verdik. Bedien saam met die groentepakkie.