Dis oorskiet mieliepap van ontbyt(so dis slap pap seker,haha)dan meng jy een eier in en smaakmiddels van jou keuse,2 eetlepels koekmeel en 1 teelepel bakpoeier en jy kan kaas of koue vleis of wat ookal jy van hou ingooi.Vorm die pap(dis maar klouerige storie) en rol in krummels of gebruik soos ek sommer van daai nuwe Kellogs pap wat fyn is en dan braai jy dit in vlak olie tot gaar en mooi bruin.
Dit gaan middagete wees saam met slaaierigheid.
Naudéa Visser
Dit was omtrent net 1 koppie gaar oorskiet pap wat ek gebruik het so daai hoeveelheid eier en meel is vir daai hoeveelheid pap en dis die hoeveelheid “koekies” wat ek uitkry soos jy kan sien op die foto.Dis genoeg vir ons 3 in die huis,jy kan mos maar net verdubbel ens as jy vir baie mense wil maak.
BRON- Naudéa Visser