LEKKER HOENDER IN DIE WEBER
Ons skoonseun het sy Webber vir ons gegee en dit het hele ruk in ons motorhuis gestaan toe sien ek een aand op Tv hoe iemand ‘n heel hoender daarin braai en hoe maklik dit is toe haal ons dit uit die resep wat sy gemaak het is so: Maak vuur met die kole en sodra dit halfuur gebrand het en kole so wit assie maak Vat jy heel hoender gooi dit rooi van die hoenderspeserye sit in Webber op indirekte hitte ( nie op kole nie)met gate bo en onder oop maak deksel toe en gaan na uur eers kyk en hoender gaan gaar en sappig met so “crispie” vel wees en dit was heerlik ek het Kersfees weer hoender gemaak maar met die bierblik braairaampie waar die hoender so regop sit
Stompie Theron Borman