
HOENDER LASAGNE
Resep geplaas deur Linda Venter
FOOD LOVERS RECIPES
2 gaar hoenders of stukke hoender, ontbeen en in stukke gesny
Pak lasagna velle
2 gekapte uie
350 g knopies sampioene, gekerf
2 gekapte groenrissies, geel rooi en groen
2 geskilde gekapte tamaties
250 g gerasperde kaas
250 g streepspek, gesnipper
2 pakkies room van hoendersop aangemaak met 3 – 4 koppies hoenderaftreksel
2 huisies knoffel, gekap
sout, peper, kruie en mosterd na smaak
Braai spek, uie, groenrissie, sampioene en tamaties liggies.
Roer aangemaakte sop by en kook goed deur, geur na smaak. Meng die vloeistof met die vleis.
Laat deurkook. Begin deur bietjie hoender mengsel onder in ‘n oondvaste bak te sit, dan die velle, dan weer die hoender en weer die velle.
Strooi kaas bo-oor en bietjie gakapte pietersielie of spruituie.
Laat staan vir ongeveer 1 uur voor jy bak sodat die velle sag kan raak en die vog kan absorber.
Bak by 180°C vir 45 minute.
Jy kan opsioneel bietjie ertjies, pitmielies of selfs gekookte spinasie byvoeg vir ‘n variasie.
Indien jy mozarella kaas het kan jy ook bietjie bo-oor strooi – meng dit met die chedder/gouda kaas.






