Kook sowat 4 hoender borsse in wit wyn, en 2t knoffel, sout, peper en gemengde kruie. Ontbeen hoender, hou aftreksel. Kap 200g gekookte ham, 2 uie,1 pak sampioene en baie vars pietersielie.
Meng in pot
150g margarien
1 houer suurroom en ‘n room houertjie met melk
1 koppie meel
Roer goed dat daar geen klonte is nie en ‘n gladde tekstuur het, kook deur.
Gooi hoender en bogenoemde mengsel by – en ook aftreksel. Pasop vir te souserig. Roer goed deur en sit in oondbak sit skilferkorsdeeg bo-op wat bietjie uitgerol is. Verf met geklitste eier, bak op 200 grade C vir 20 min.
Resep en foto: Ingrid Mouton








