As jy gaste oornooi vir ‘n potjie braai en daar is iemand wat nie van groente in die pot hou nie, hier is ‘n baie goeie idee.
Neem ‘n ysterpampoen en sny ‘n deksel in.
Hol al die pampoen uit totdat die wand ongeveer 2 cm dik is. (Oortollige pampoen kan vir Sondag ete gebruik word).
Neem 1 kg Country Mix growwe groente en meng met 2 koppies gerasperde kaas.
Baba aartappels en heel klein uitjies kan ook ingegooi word.
Plaas binne in die pampoen. Neem genoeg room om die groente te bedek en meng met Ina Paarmans groente spesery en kaas spesery. Skep saam met die groente in die pampoen.
Sprinkel gerasperde kaas bo oor. Sit pampoen se “deksel” op. Draai die hele pampoen toe in foelie.
Neem ‘n swart platboom pot en plaas pampoen binne in. Sit op die kole. Word so geleidelik saam jou vleispotjie gaar. As jy ‘n mes in die wand van die pampoen kan druk is jou groente pampoen gereed. Lekker eet.

Resep en foto: Charmaine Faulds