

MAASKAASTERT MET PYNAPPEL
1 rolkoek (Swiss Roll)
1 blik kondensmelk
1 houer room maaskaas
1/3 koppie suurlemoensap
2 teelepels gelatien – opgelos in 50 ml water
Meng bogenoemde saam.
1 x 410 g fyn pynappel
1 koppie suiker
Kook saam en laat afkoel.
250 ml vars room styf geklits.
Sny Rolkoek en pak onder in ‘n bak. Skep kondensmelkmengsel bo-oor en laat stol. Skep nou die pynappel mengsel bo-oor dit en versier met al die room.
Resep: Rona Swart






