

PIESANG KARAMELPOEDING
Foto: Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
Vir 4 mense
Met oorryppiesangs kan jy omtrent toor. Moenie oorskiet verwag nie; die karamelsmaak is hemels.
1 koppie (125 g) koekmeel
1 knippie sout
½ koppie (115 g) strooisuiker
3 teelepels bakpoeier
1 ryp piesang, fyngedruk, of 6 dadels, fyngekap
1 koppie melk
¹/³ koppie botter, gesmelt
1 eier, geklits
1 teelepel vanilla geursel
BOLAAG
¾ koppie sagte bruinsuiker
3 eetlepels gouestroop
1 koppie kookwater
Voorverhit die oond tot 180 ºC. Sif die meel, sout, suiker en bakpoeier saam in ’n mengbak.
Voeg die piesang, melk, botter, eier en vanila by en klits dit goed. Skep dit in ’n oondvaste bak (ongeveer 2 liter groot).
Maak die bolaag. Meng die bruinsuiker, gouestroop en kookwater saam in ’n klein kastrolletjie en laat dit kook. Giet dit versigtig oor die piesangkaramelpoeding oor die agterkant van ‘n groot lepel om te verhoed dat dit gate in die deeg maak, maar bo-op bly en bak dit vir 30-40 minute.
Nota: Hierdie poeding is lekker soet….. ek sal dalk die suiker in die stroop minder maak.







geskuif