PIESANG KARAMELPOEDING

 tested
PIESANG KARAMELPOEDING

Vir 4 mense
Met oorryppiesangs kan jy omtrent toor. Moenie oorskiet verwag nie; die karamelsmaak is hemels.

Jy benodig

1 koppie (125 g) koekmeelblom
1 knippie sout
½ koppie (115 g) strooisuiker
3 teelepels bakpoeier
1 ryp piesang, fyngedruk, of 6 dadels, fyngekap
1 koppie melk
¹/³ koppie botter, gesmelt
1 eier, geklits
1 teelepel vanielje-ekstrak

BOLAAG

¾ koppie sagte bruinsuiker
3 eetlepels gouestroop
1 koppie kookwater

Só maak jy

Voorverhit die oond tot 180 ºC. Sif die meel, sout, suiker en bakpoeier saam in ’n mengbak.
Voeg die piesang, melk, botter, eier en vanielje-ekstrak by en klits dit goed. Gooi dit in ’n oondvaste bak (ongeveer 2 liter groot).
Maak die bolaag. Meng die bruinsuiker, gouestroop en kookwater saam in ’n klein kastrolletjie en laat dit kook. Gooi dit versigtig oor die piesangkaramelpoeding en bak dit vir 30-40 minute.

Nota:  Hierdie poeding is lekker soet….. ek sal dalk die suiker in die stroop minder maak
Foto:  Rina Kleinhans