

WIT HAMBURGER OF HOTDOG ROLLETJIES
500 g gewone koekmeel
1 sakkie kitsgis
½ teelepel sout
1 eetlepel strooisuiker
350 ml melk
25 g botter
Glaseer dit met ‘n eier, knypie sout en 1 eetlepel melk
Meng die meel met die gis, sout en suiker in ‘n groot bak. Verhit die melk en botter totdat die botter begin smelt. Voeg dit by die droë bestanddele. Meng en voeg nog meel by as die deeg te nat is. Knie tot glad. Sit in ‘n gesmeerde bak, bedek en laat staan dit op ‘n warm plek vir ‘n uur om te rys (tot dubbelgrootte).
Drukk die lug uit en sit op ‘n oppervlak wat met meel besprinkel is. Vorm ses burgergrootte rolletjies en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat. Bedek en laat staan 30 minute om te rys. Meng die eier, sout en melk en smeer dit aan die bokante van die rolletjies. Bak 15 minute by 220ºC.
Foto: Brineel du Toit







Geskuif