

KAASWORSIE PASTEI
Gisteraand net kaas worsies gebraai in pan en toe gebak met degie in die oond, vir 45 minute op 180°C, sousie gemaak en bo-oor die bakworsies geëet, met vars gekookte ertjies en mengelslaai.
DEEG:
1 koppie meel
4 teelepels bakpoeier
1 ml sout
125 ml olie
125 ml melk
1 eier
Meng en skep lepels vol bo-op die vleis mengsel, bak by 180°C tot lekker bruin en gaar.
Resep en foto: Marie Rheeder Troskie






