

BEATRICE SE EISBEIN
Jy lê die vleis in met Pekelsout vir n dag, kook dit vir 45 min saam met sopgroente en bontpeperkorrels. Dan neem jy dit uit sny die vet in blokke sonder dat die vleis deurdring word sprinkel n mengsel van gemaalde Carawaysaad, Koljander en paprika, sout en peper asook so 3 knoffelhuisies wat jy in die vel insmeer met n bietjie olie. Braai by 180 grade C tot vel lekker krispy is. Bedien met sauerkraut en knöderl. Die vetjies wat oorbly in die pan is hier by ons in Oostenryk n broodjie spesialiteit. Jy vang dit op en meng die deur en smeer op brood dit is heerlik saam met koue vleis.
BRON- Beatrice Trisha Diepold






