

VLEISLAND SE BACON RESEP
20 liter koue water
2 kg sout
10 g salpeter
100 g bruinsuiker
20 g swart peper
60 g fyn koljander
Plaas al die speserye in ‘n houer en meng tot die suiker en die sout heel opgelos het.
Plaas nou die ontbeende “pork belly” of die hele ontbeende rib in die pekel en laat staan 48 uur. Haal die vleis uit en hang dit op vir ten minste 4 ure, om behoorlik af te droog. Rook oornag of vir ten minste 8 ure in koue rook.
Haal dan die vleis uit die roker uit en draai dit styf in plastiek toe, en laat lê weer oornag in ‘n koelkamer. Nou kan dit gevries word…en dan gesny word…
Resep: VLEISLAND






