



ILANI SE SHORTBREAD/BROSBROOD
500 g Stork Bake margarien
3 + 1/2 koppies koekmeel
knippie sout
1 koppie versiersuiker
1 koppie maizena
Klop margarien en versiersuiker tot romerig. Sif koekmeel, maizena en sout saam en voeg by.
Meng goed. Knie die deeg goed tot glad en druk in ongesmeerde bakplaat van 32,5 cm x 23 cm.
Prik die oppervlak met ‘n vurk om ‘n bros koekie te verseker.
Bak by 140ºC vir 20 minute. Verlaag temperatuur na 120ºC en bak nog 1 + 1/2 uur.
Skakel oond af. Sny in blokkies terwyl nog warm is. Plaas terug in die afgeskakelde oond vir +- 20 minute. Laat paar minute in pan afkoel en keer uit op afkoelrak.
Bestrooi met strooisuiker en bere in lugdigte houer.
BRON- BETS LOURENS
Foto: Zelda Coetzee






