
VLEISLAND SE TRADISIONELE AARTAPPELSLAAI
Resep: Stefaans Blaauw
Genoeg vir 6 mense … maar net net genoeg vir my.
3 lekker groot aartappels, geskil en in skywe gesny
2 medium uie
3 agurkies (“dill”) nie soet-suur nie
3 gekookte eiers
375 ml mayonnaise
½ teelepel sout
growwe swart peper
knippie origanum
150 ml olyfolie
125 ml melk
Sny die uie, eier en agurkies in dun skyfies. Kook die aartappels tot gaar of bak dit in die oond as jy blokke wil eet, nie halfgaar nie, dit smaak sleg (dit is net ‘n lui kok wat aartappels in sulke blokke of hompe sny).
Moenie weer kondensmelk en mosterdsous en al daai “marinades” byvoeg nie, ASB, anders neek julle my resep op.
Voeg die gesnyde uie, eier en agurkies, saam met die speserye en olyfolie in ‘n mengbak. Voeg diegaar aartappel skyfies by, gevolg deur die mayonnaise, indien jy die laaste mayonnaise gebruik, spoel die mayonnaise botteltjie uit met ‘n halwe koppie melk en giet dit oor die slaai.
Meng nou alles goed deur en skep dit in ‘n glasbak, maak dit met kleefplastiek toe en laat rus in die yskas vir ten minste 12 ure.
Hoe langer aartappelslaai staan, hoe lekkerder word dit.






