BEESVLEIS KOFTAS MET ROOI SOUS
1 kg maalvleis
5 ml fyn koljander
30 ml vars koljander fyn gekap
5 ml fyn komyn
1 stingel suurlemoengras fyngekap
1 groot eier
30 ml mielieblom
Sout en peper na smaak
Meng al die bestanddele saam en vorm langwerpige balletjies
Rol in koekmeel
Braai in vlak olie tot net bruin
ROOI SOUS
2 rooi soetrissies in helfte gesny en gerooster onder element tot geskroei en swartrek vel af
1 x 423g blik gekapte tamaties
125ml ongegeurde yogurt
5 ml suiker
Verwerk al die bestanddele in voedselverwerker tot glad
Vethit
Bedien saam met Koftas
Garneer met gekapte kruisement
FOTO – Elsa Van Antwerpen Kleinhans