

APPELKOOS KLAPPER DRIEHOEKIES
250 g Digestive-beskuitjies
130 ml margarien
70 ml strooisuiker
Bolaag
470 ml klapper
70 ml strooisuiker
62,5 ml koekmeel
12,5 ml melk
2 eiers geklits
37,5 ml fyn appelkooskonfyt
Stel die oond op 180 ºC. Krummel beskuitjies. Smelt magarien in kastrol en meng met die beskuitjie krummels strooi suiker oor. Meng goed. Druk in ‘n rolkoekpan vas. Verkoel in yskas tot benodig.
Meng al die bolaag bestanddele. Plaas lepelsvol op die beskuitjielaag en smeer gelyk. Bak 20 min of tot goudbruin. Laat afkoel en sny in 12 driehoekies. (ekt myne eers in ewe groot blokke en toe weer die blokke in die skuinste gesny om ‘n driehoek te vorm)
Foto: Wilma Josey Venter






