
BROS PYNAPPELKOEKIES
400 g ingemaakte pynappel.. hou stroop
65 ml botter
150 ml suiker
2 ml gemengde speserye
312 ml bruismeel
1 eier geklits
Bolaag:
38 ml margarien
12,5 ml gouestroop
60 g graanvlokkies
Plaas pynappel met die stroop, botter, suiker en gemengde speserye in ‘n kastrol en verhit stadig tot suiker opgelos is. Haal van stoof af en laat 30min lank afkoel. Stel oond op 190ºC. Voeg bruismeel en eier by pynappelmengsel en klits tot ‘n gladde mengsel.
Giet die mengsel in ‘n vierkantige pan van 18cm wat liggies gesmeer is.
Vir bolaag:
Plaas margarien en gouestroop in kastrol en verhit tot kookpunt. Haal van die stoof af en voeg graanvlokkies by. Roer liggies. Sprinkel die mengsel oor die pynappelmengsel. Bak vir 35-40 min. Laat in pan afkoel en sny in 12 vierkante.






