

ANYS BESKUIT (RUSKS)
Plaas die volgende in ‘n mengbak:
250 g botter
1 blik kondensmelk
2 koppies suiker
2 koppies kookwater
Roer tot gemeng en botter gesmelt.
Voeg by:
2 koppies warmwater
4 eiers
Krummel Gis of (2 pakkies droëgis)
helfte van 2,5 kg koekmeel
Roer tot gemeng is.
Maak goed toe en sit in son (warm plek) tot dit skuim gemaak het.
Voeg die volgende by:
Res van die 2.5 kg meel
2 eetlepels sout
1 boksie anys
Knie goed.
Kan nog water of meel bysit indien nodig.
Sit in son (warm plek) om te rys.
Knie af en maak balletjies. Sit in panne.
Maak weer goed toe met kleefplastiek wat met olie gesmeer is.
Sit in warm plek om in panne te rys.
Bak vir 1 uur teen 160 °C.
BOLAAG:
Half koppie melk en half koppie water – Kook saam in mikrogolf. Sit neer om heeltemal af te koel.
Mengsel moet koud wees om op te smeer sodra die beskuit uit die oond kom.
Resep – Monica Van Litzenborgh Kesslau
Foto – Diane Roode Hancox






