Ek braai fyn gesnyde uie, fyn knoffel (as jy dit wil bysit) grof gerasperde wortel en klein blokkies rooi en groen pepper in bietjie olie tot uie deurskynend is, gooi dan die rou rys by om bietjie te braai en voeg dan groente of hoender ekstrak in kookwater by en kook tot rys gaar is.
Jy kan ook robertsons se rys speserye bysit in plaas van die ekstrak asook borrie as jy van die dieper geel kleur hou.
Gebruik 1 koppie tastic rys vir 4 mense – as ‘n bykos porsie maar as dit oorwegend ‘n rys gereg is dan 1 koppie vir 2 mense.
Foto: Deon Rossouw
resep: Elsabie Templeton







