VRIES VAN GAAR GEKOOKTE RYS
My gaar gekookte rys reg vir vries, dit werk so lekker, as ek by die huis kom, ontvries ek my rys en dit werk soos ‘n bom.
Marie Rheeder Troskie
Ek kook die rys normaal weg met een telepel sout met een koppie rys afgespoel soos normaalweg. dan as dit koud is, sit dit in die plastieksakkies soos per porsie, ek sit drie groot eetlepels rys in ‘n sakkie, want ons net twee persone. Sodra jy dit uithaal, sit net dieselfde sakkie in mikrogolf en ontvries.
Rina Kleinhans
Mens kook jou rys eers ‘n bietjie dan gooi jy die water af, was die rys lekker tot die water nie meer melkerig is nie, sit skoon water op sit jou sout in en kook dit dan stadig tot al die water opgedroog is.
Bron en foto: Marie Rheeder Troskie