SUURLEMOEN BLOKKIES
Porsies: 12 blokkies
Voorbereidingstyd: 10 minute
Verkoelingstyd: 1 uur
1 x 200 g-pak tennisbeskuitjies
1 x 397 g-blik kondensmelk
150 ml suurlemoensap
40 g/125 ml klapper
Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n gesmeerde vierkantige tertbord.
Klits die kondensmelk en suurlemoensap tot dik en smeer die helfte daarvan oor die beskuitjies.
Herhaal die proses en strooi laastens die klapper oor.
Verkoel ongeveer 1 uur en sny in blokkies. Sit koud voor.
Bron: Molly-Ann Underwood Schmidt








