

SPRING ROLLS
225 g vark maalvleis
50 g gekapte garnale
6 sampioene gekap
2 knoffelhuisies fyn
1 rissie fyn gekap
2 E vis sous
2 t suiker
1 wortel in repies
50 g bamboes spruite gekap (of so drie koolbare in dun repies)
50 g boontjie spruite
2 gras uie gekap
1 E gekapte koljander
24 ‘spring roll wrappers’
peper
olie vir diepbraai
Bietjie olie in pan en braai knoffel en rissies vir 30 sek. Voeg vleis by braai tot vleis begin bruin word. Voeg garnale en sampioene by. Voeg vis sous by.
Gooi in bak en voeg res van bestandele by. (In ‘n klein bakkie maak biet meel en water aan om die rolletjies mee te seel. Sit lepels vol op deeg velletjie en rol op. seel die punte met meel mengsel. Diep braai tot gaar. Dreineer en bedien met sous van jou keuse.
DOOPSOUS:
Rys asyn.. knoffel..rissie.. suiker ..vars koljanderblare. Kap rissies , knoffel en koljander blare fyn. Meng met rysasyn.
Resel en Foto: Martie Fourie Moolman






