

LEKKER KLAPPERKOEKIE
Net nou van hulle by my vriendin geeet en dis regtig ‘n lekker koekie
½ koppie klapper
500 g bruismeel
3 eiers
250 g margarine
1 ½ koppie suiker
knippie sout
Room botter en suiker. Klop goed. Voeg klapper, meel en sout by.
Maak balletjies. Rol in ½ koppie klapper gemeng met ½ koppie suiker.
Druk effens plat. Sit stukkies kersies op as versiering.
Bak by 160ºC vir 15 minute.
NOta: Ek het ‘n kilogram bruismeel gebruik en die resep net verdubbel.
Het vreeslik baie koekies uitgekry. Weet self nie hoeveel nie.
Ek reken 500 g meel kan tenminste 60 of meer gee afhangende van hoe groot jy die balletjies maak.
Resep van Vriendin Marie de Vries
Geplaas deur Rina Kleinhans






