

DONKER SJOKOLADE TRUFFLES
300 g donkersjokolade gekap
30 ml botter
180 ml dik room
15 ml koffie geursel
Conjac of ander geursel(opsioneel)ek het sommer sterk koffie gebruik
donker onversoete kakao om in te rol, of vervang met klapper, neute, sjokolade vermicilli of wat jy ook al wil.
Plaas sjokolade in ‘n hittebestande glasbak. Plaas botter en room in ‘n kastrol en bring geleidelik tot kookpunt. Verwyder van hitte sodra die roommengsel begin borrel, roer geursel by.
Giet roommengsel oor sjokolade, laat dit vir ‘n paar minute staan tot die hitte van die mengsel die sjokolade smelt. Roer liggies totdat die sjokolade in die mengsel ingesmelt is en ‘n ganache vorm.
Plaas die ganache vir minstens 4 ure in yskas om te stol.
Vorm ‘n gladde bal(enigiets tussen die grootte van ‘n albaster en gholbal) en plaas dit in ‘n bakkie met jou bedekking.
Rol heen en weer totdat die truffel heeltemal bedek is.
Bêre vir tot 2 weke in lugdigte houer in yskas.
Resep getoets en foto: Leilanie Claassens






