

SJOKOLADE BESKUITJIE FUDGE
250 g margarien (botter werk die beste of goeie bak margarien)
1 pak versiersuiker 500 g
70 ml kakao
1 eier
2 pak mariebeskuitjies fyn gebreek
1 teelepel vanilla
Smelt margarine.
Voeg versiersuiker en kakao by botter en roer tot opgelos is.
Klits eier en vanilla en voeg by warm mengsel, sit weer terug vir 2 minute op stoof verwyl jy roer.
Maak beskuitjies fyn, nie te fyn nie en sit by warm mengsel. Ek gebruik my masher om mee fyn te maak.
Skep in gesmeerde bak, maak gelyk en sny sodra koud.
FOTO: Marie Rheeder Troskie
Nicolene Pienaar – Ek wil net een ding noem, ek sit my plaat op 2, dan sit ek solank die botter in om te smelt, dan sif ek gou die droë bestanddele, en krummel die koekies, dan is die botter al gesmelt as ek klaar is, en as jy die eier ingooi, haal jou pot van die plaat af en roer dit vinnig in, anders word die eier gaar en maak stukkies eier in die fudge, dit was my heel eerste baksel se probleem maar het uit my fout uit geleer.






