INGELEGDE UIE (Mikrogolf)
Ek het te veel uie gehad, toe bottel ek ‘n paar.
5 uie, in ringe gesny
½ blikkie appelkooskonfyt
½ blikkie wit asyn
sout en kerrie volgens jou sterkte (smaak)
¼ koppie suiker
(Helfte van die klein konfyt blikkie vir so plus minus 5 tot 6 uie)
Kook die uie met water so 10 minute in mikrogolf oond. Gooi water af.
Voeg wit asyn, kerrie en bietjie sout met ¼ koppie suiker saam in mikrogolf en kook tot suiker opgelos is.
Gooi sous oor uie en laat staan oornag.
Bottel die volgende oggend.
Foto en resep deur Marie Rheeder Troskie








