PATAT IN DIE MIKROGOLF
Glo dit as julle wil, maar ek sit my patats (nadat ek al die knoetse en vuilheid verwyder het) in ‘n winkelsak (natgemaak onder die kraan afgespoel met skil aan) en strooi bruinsuiker oor en so 1 eetlepel botter gemeng met 1 eetlepel heuning in die sak.
Knoop sak liggies toe en plaas in mikrogolfoond.
So 3-4 minute per patat (mediumgrootte).
Heerlik sag en ek gooi die sak weg. ‘n Moet saam met snoek op die kole
Bron- Lorraine Weitz Brand







