

KERSFEES TIRAMISU
500 ml sterk swart koffie, afgekoel
62,5 ml rum
4 eiers, geskei
62,5 ml strooisuiker
500 g mascarpone-kaas
250 ml room, styfgeklop
1 sponskoek, in vingers gesny
250 ml glanskersies, gehalveer
250 ml geroosterde amandels
250 ml groenvye, in blokkies gekap
10 ml kakao
Meng die koffie en rum in ’n bak. Klits die eiergeel en suiker tot lig en romerig. Voeg die mascarpone-kaas by die eiermengsel en klits tot net gemeng. Vou die geklopte room in. Klits die eierwitte styf tot sagte punte vorm. Vou die eierwitte versigtig in die mascarpone-mengsel in. Doop die sponskoek-vingers een op ’n slag in die koffie-en-rum-mengsel. Plaas die vingers in ’n bak van so 20 x 25 cm groot en 6 cm diep. Smeer helfte van die mascarpone-mengsel oor die vingers. Sprinkel helfte van die vrugte en amandels oor. Doop die orige sponskoek-vingers in die koffie. Plaas hulle bo-op die vingers in die bak. Smeer die orige mascarpone-mengsel oor. Sif van die kakao oor en versier met nog vrugte en neute bo-op. Plaas die tiramisu in die yskas vir minstens 4 uur.
Foto: Leanne Thurston Coetzer – my staatmaker nagereg al die afgelope 4 jaar 🙂







Geskuif