LEMOENKOEK MET ROOMKAAS VERSIERSEL
4 eiers
375ml suiker
30 ml botter of margarine
125 ml melk
125 ml lemoen sap
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
1 ml sout
Jy kan die koek geur met gerasperde skil van 1 lemoen
Klits eiers baie goed en voeg suiker geleidelik by. klits tot dit lig is.|
Smelt botter in die melk en lemoensap, tot dit ‘n dun warm vloeistof vorm.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam en sif dit dan by die eiermengsel.
Vou versigtig in om te meng.
Voeg die warm vloeistog by mengsel en meng dit vinnig.
Skep beslag in nvoorbereide panne, stamp die panne paar keer op die tafel om lugblasies te verwyder.
Bak 25 – 30 min in voorverhitte oond van 180 grade.
Lemoenversiersel:
60 ml Roomkaas,
15 ml lemoensap,
2.5 ml gerasperde geel lemoenskil,
625-750 ml versiersuiker(ek het net 500 ml gebruik) en ek het so bietjie kookwater ook bygegooi.
Meng roomkaas, lemoensap en skil. Voeg versiersuiker geleidelik by en meng goed.