EISBEIN – BROS GEBRAAI
Bykosse by Eisbein is ongetwyfeld kapokaartappels, suurkool en ‘n lekker klomp Engelse mosterd en bier om daarmee saam te gaan. Gepiekelde Eisbein veel lekkerder as die gerookte een.
Kook die eisbein vir 45 minute in:
500 ml witasyn
500 ml water
100 ml swart wynasyn
1 koppie suiker
kerrie blare of mosterd
Haal die vleis uit en sit dit in ‘n oondpan.
Smeer ‘n mengsel van mosterd, heuning en olyfolie oor die vleis.
Braai eerste 30 minute in foelie (moenie dat foelie aan die eisbein raak nie).
Haal foelie af en bak op 190°C vir nog 25 minute of tot vet hard is.
Giet orige sous bo-oor en laat kook die asynmengsel tot ¼ oor is.
Gebruik die sous om op te dien.
Growwe sout op die vel gestrooi help om dit lekker bros te kry.