OUTYDSE TOFFIE
Het jy gesien jy kan hom minder kook vir ‘n sagter toffie.
Toe ons kinders was, het ons net suiker en water gebruik. Ouma het ons geleer.
Ek maak ‘n lekker toffie van:
1 klein blikkie Ideal melk
2 eetlepels botter
1 koppie suiker
5 ml karamel geursel
Plaas alles saam in ‘n pot op die stoof en meduim hitte.
Kook en roer aanhoudend tot die verlangde dikte.
Keer uit in ‘n voorbereide pan en sny of breek voor dit te hard is.
Foto: Neville Sidney De Reuck