Pak 10 snye witbrood, in groot blokke gesny met al die korsies af, in ‘n glasbak.
Smelt 3 eetlepels botter en 4 koppies melk saam, moenie kook nie.
Klits 4 eiers, voeg bietjie warm melk by en meng vinnig, giet die mengsel terug by die melkmengsel. Giet mengsel bo-oor brood en laat week vir 5 minute.
Bak vir 40 minute by 180°C.
BO-LAAG
Klits saam:
1 koppie margarien
2 koppies suiker
2 eiers
2 teelepels vanilla essense
Giet bo-oor warm poeding wanneer uit die oond kom.
Bak vir nog 20 minute by 180°C.
Bedien met vla
Foto 2: Marie Rheeder Troskie
Foto 1: Leonie van Ghert
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie










geskuif