KARAMELBROODPOEDING

 
KARAMELBROODPOEDING
Genoeg vir 8 mense
(moenie dat die brood jou afsit nie, my mense geniet hierdie poeding sonder dat hulle eens weet daar is brood in.)

Pak 10 snye witbrood, in groot blokke gesny met al die korsies af, in ‘n glasbak.
Smelt 3 eetlepels botter en 4 koppies melk saam, moenie kook nie.
Klits 4 eiers, voeg bietjie warm melk by en meng vinnig, giet die mengsel terug by die melkmengsel. Giet mengsel bo-oor brood en laat week vir 5 minute.
Bak vir 40 minute by 180°C.

BO-LAAG
Klits saam:
1 koppie margarien
2 koppies suiker
2 eiers
2 teelepels vanilla essense
Giet bo-oor warm poeding wanneer uit die oond kom.
Bak vir nog 20 minute by 180°C.
Bedien met vla

Foto 2: Marie Rheeder Troskie
Foto 1: Leonie van Ghert
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie