Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n losboom pan (18-20) deeglik. Plaas sago in ‘n kastrol saam met die melk. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut stadig totdat die sago deurskynend is. Verwyder van die hitte en voeg suiker, sout, skil, klapper en botter by. Klits die eiers en roer dit by die sagomengsel in. Skep die helfte van die mengsel in die voorbereide pan en stip met appelkooskonfyt. Gooi res van mengsel oor, maak seker die konfyt is bedek. Gooi bietjie klapper en kaneel bo-oor. Bak sowat 20-25min of tot gaar en gestol. Sit warm voor met vla of laat heeltemal afkoel en bedien as tert saam met ‘n heerlike koppie koffie
Geniet hom, hy is regtig lekker
Bron: Rina Kleinhans









