SLAPDEEG VETKOEK
Resep: Rio Judy Canovi Brand
Foto: Marie Fourie
FOOD LOVERS RECIPES
Heerlike vir ontbyt. Die by een van my kamp buurvrou gekry, dit is baie nice!!!
1 pakkie (500 g) bruismeel
500 ml karringmelk
2 eiers
knippie sout
Klits eiers en karringmelk saam.
Meng met meel om ‘n deeg te vorm. Skep lepelsvol van die slapdeeg in warm olie, nie te warm nie. Bak BAIE stadig tot gaar.








